Min van die studente kon die een spel met my weeklikse ek-weet-nie-hoe-om-die-tyd-vir-die-klas-op-te-gebruik-nie-so-nou-doen-ek-'n-speltoets-Speltoets. Ek dink eintlik dis goed om gereelde speltoetse te hê - ek gee immers taal. Spelvaardighede is baie vinnig en baie seker besig om te kwyn, wat onverskoonbaar is.
'n Hele paar van die studente het dit as "jis" geskryf, na aanleiding van die uitspraak ek hoop.
Dan kan mens kyk na nog 'n homoniem hiervan: HEUS. Hierdie bywoord kan in die plek van "werklik" of "regtig" gebruik word.
"Ek kan jou heesheid heus nie glo nie!"
Ek sien (en hoor) spel- en taalfoute in die klaskamer, op die straat, televisie, by studente, vriende, mense en myself. Ek stel ondersoek in. Ek korrigeer. Ek (probeer) verduidelik, maar op my eie manier.
![](http://4.bp.blogspot.com/_7BylD1DcxYw/THfAGO1S8II/AAAAAAAAAAU/Ue9gFCUwFqw/S748/Heeltyd+Speeltyd.bmp)
Tuesday, August 31, 2010
Akademie
Sjoe, hierdie is een waarmee my studente gereeld sukkel. Almal ploeter net met 'ak(k)edemie' voort.
Nou goed. Hier is twee terme waartussen daar onderskeid getref moet word wat spelling betref.
HIERDIE is 'n Akkedis.
Verskoon sy ietwat minder nugter gesigsuitdrukking, maar LET WEL op sy spelling.
Want hier volg:
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjtvvwKfJFOAWIQahiohEew9CyQU0GMRxTM5IwpwT6qPtk3fSH_cH9kpGnCGLhXZVqXap7RH8UthOzCNpDgQlPBv2gRrN8pQnVaC0Men7_j0HNWQAD1OsVufvy8c0qxjp6cVb89NJuPnIhh/s200/Akademikus+%23.bmp)
Die Akademikus!
Hierdie is ons AKAdemikus, AKA MeerkatTjat.
Nou kan ons die twee karakters bymekaarsit:![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgNYJYi6Z9ciBFenyjcfAfxrOxnhKTRi5df1eHiMMss1-1B0LnyfuCaGW7eF8jNsYBllHoZZXZd5YOsk7uyOVMYZBLkIfQN2Ch6YWfAb45rLWv6vNZw6rSMM_AsgCZceGv4jzvrXLstHyKQ/s640/Akkedis+%2B+Akademikus+%23.bmp)
So ons kan twee dinge hieruit leer, een is dat KAKEdemikus DOM sal klink - en ook AKEdemikus (WAT VERKEERD IS). So gooi hom 'n KAKA-demikus ook bekend as (aka) AKAdemikus ook bekend as (aka) die persoonsnaamwoordvorm van die naamwoord: AKAdemie.
Tweedens leer ons: 'when in argument, insult the face'. Ma's is uit, gesigte is die weg om te kies!
Dis ook maar 'n goeie ding MierPeter het ingespring met (wat almal weet is) die 'ultimate comeback.'
As enige iemand jou beledig en jy weet nie hoe om te reageer nie, sit die Tjat in MeerkatTjat en gaan kop aan kop.
BV. as my studente vir my sê dat die werk boring is, reageer ek net met "Julle gesigte is boring" en dan kan hulle NIKS vir my sê nie.
Ah ek geniet AkAdemia!
Nou goed. Hier is twee terme waartussen daar onderskeid getref moet word wat spelling betref.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEibHwPKX678bVf63qSvdpnhdfK5InpAcrdkFcbeJtfwoGDnWeYnPzWxiYXMxKq51kKty1B3vGhsX_NAng7nPlS0MYw_uDGuiPLNxWvj7mzYD8Ydvm3oVbKKDZfzorpCe1BCI0_FHJU0YYDs/s200/Akkedis+%23.bmp)
Verskoon sy ietwat minder nugter gesigsuitdrukking, maar LET WEL op sy spelling.
Want hier volg:
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjtvvwKfJFOAWIQahiohEew9CyQU0GMRxTM5IwpwT6qPtk3fSH_cH9kpGnCGLhXZVqXap7RH8UthOzCNpDgQlPBv2gRrN8pQnVaC0Men7_j0HNWQAD1OsVufvy8c0qxjp6cVb89NJuPnIhh/s200/Akademikus+%23.bmp)
Die Akademikus!
Hierdie is ons AKAdemikus, AKA MeerkatTjat.
Nou kan ons die twee karakters bymekaarsit:
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgNYJYi6Z9ciBFenyjcfAfxrOxnhKTRi5df1eHiMMss1-1B0LnyfuCaGW7eF8jNsYBllHoZZXZd5YOsk7uyOVMYZBLkIfQN2Ch6YWfAb45rLWv6vNZw6rSMM_AsgCZceGv4jzvrXLstHyKQ/s640/Akkedis+%2B+Akademikus+%23.bmp)
So ons kan twee dinge hieruit leer, een is dat KAKEdemikus DOM sal klink - en ook AKEdemikus (WAT VERKEERD IS). So gooi hom 'n KAKA-demikus ook bekend as (aka) AKAdemikus ook bekend as (aka) die persoonsnaamwoordvorm van die naamwoord: AKAdemie.
Tweedens leer ons: 'when in argument, insult the face'. Ma's is uit, gesigte is die weg om te kies!
Dis ook maar 'n goeie ding MierPeter het ingespring met (wat almal weet is) die 'ultimate comeback.'
As enige iemand jou beledig en jy weet nie hoe om te reageer nie, sit die Tjat in MeerkatTjat en gaan kop aan kop.
BV. as my studente vir my sê dat die werk boring is, reageer ek net met "Julle gesigte is boring" en dan kan hulle NIKS vir my sê nie.
Ah ek geniet AkAdemia!
Monday, August 30, 2010
VERRASSING
Hiermee, een van my gunstelinge. Ek dink die voorbeelde sal dit beter verduidelik...
Eerstens, die korrekte spelling:
Hierna kan daar 'n hele paar verskillende spellings vir hierdie lekker woord wees, kom ons begin by die weergawe met net een R:
Hier kan jy mos nou dit vir jouself uitwerk deur oldskool-style die lettergrepe uit te sonder (klap hande indien nodig): ver-as-sing.
Die weergawe met net een S:
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjdR3oZo53q9P6oYroagSlTr7xbaEhAE5UclokehLi_jjts7vh36oHpYfDq2Ym7IElL6SMRT6vVzCQ2FacLLgM0bV-yJAU9EOvMtp_sht5aYRVafAbpomD1llYyIGjSQsIbP4F4U2d1wqaw/s640/Verrasing+%23.bmp)
Goed hierdie woord bestaan nie in Afrikaans nie, maar as ons die voorvoegsel 'ver-' voor die werkwoord 'raas' sit, en daarvan 'n naamwoord ('verrasing') maak, kan ons mos aflei dat dit so iéts sal kan beteken (wat nie VERRASSING is nie- en dit is mos nou die doel van hierdie aktiwiteit).
En laastens, die weergawe wat albei die foute wat hierbo begaan is, kombineer, naamlik verasing:
Okay so die werkwoord veraas bestaan ook nie, maar as ek die spelling 'verasing' sien, is hierdie tipe prentjie die eerste een wat by my opkom. Om letterlik iets te gebruik as aas - oftewel iets ver-aas.

(D)ar(e)m
Moenie gefnuik word deur die rymelary nie.
Dit is 'n ARM
Dit is 'n ARM
As 'n mens tegnies raak is dit eintlik 'n been,
omdat dit behoort aan 'n dier, maar omdat
evolusie vir JakkalsDaan toegelaat het om
op sy agterbene te loop, gebruik hy sy voorste
bene en -pote as arms en hande onderskeidelik.
(Arm kan natuurlik ook as (o.a.) 'n byvoeglike naamwoord gebruik word wanneer dit verwys
na iemand met min besittings of geld.)
en DIT, is Darem:
Bietjie konteks:
Pe(u)ter
Een waaroor jy moet seker wees. Terwyl die eerste weergawe verwys na 'n naam, is die tweede een (in sekere kontekste) 'n kriminele oortreding. Peuter beteken verder ook om iemand te hinder, of te lol of vroetel met iets.
Friday, August 27, 2010
InteReSSant
Ek begin maar met 'n ou bekende. Okay almal ken die 1 Rokkie, 2 Skoene rympie, maar hoekom hou mense dan aan om hierdie woord verkeerd te spel?
VoorWoord
So taal is iets wat almal aanleer ongeag jou intelligensievlak, vermoëns, etnisiteit of omstandighede. As ‘n baba genoegsame taalinvoer kry van mense wat om hom / haar praat – maak nie saak watter taal nie – sal hy of sy daardie taal aanleer. Punt. Nou goed, aan die een kant is dit ’n fassinerende feit van die menslike brein, maar aan die ander kant is dit frustrerend want dit beteken dat elkeen van ons, so uniek as wat ons gesê word ons is, oor dieselfde vaardigheid beskik. Dit is deur taal wat informasie oorgedra word, emosies gedeel word, bande gemaak word, of enige kognitiewe fenomene geartikuleer word. Dis goed en wel jy kan somme maak, natuurwetenskaplike eksperimente doen en watookal andere disiplines beoefen wat dit so geniet om die menslike- en sosiale wetenskappe sleg te sê, maar sonder taal sal daardie kennis nie oorgedra kan word nie.
Die uitdaging vir jou, is om die taal wie se klanke jou gedagtes en mondholtes annekseer, so goed te leer ken, dat jy dit kan begin gebruik tot jou voordeel. En as jou taal die een is wat jou toelaat om hiérdie letters te kan verstaan, dan is jy deel van ’n bevoorregte minderheid. Wees dankbaar en raak gou opgewonde met my!
In hierdie blog sit ek maar net allerhande alledaagse taalfoute wat oor my pad kom (en my irriteer) sodat almal nou vir flippen once and for all hierdie goed onder die knie kan kry. Afrikaans is een mal en lekker taal, kom ons behandel haar mooi, dan is dit heeltyd speeltyd. =)

Subscribe to:
Posts (Atom)