Hiermee, een van my gunstelinge. Ek dink die voorbeelde sal dit beter verduidelik...
Eerstens, die korrekte spelling:
Hierna kan daar 'n hele paar verskillende spellings vir hierdie lekker woord wees, kom ons begin by die weergawe met net een R:
Hier kan jy mos nou dit vir jouself uitwerk deur oldskool-style die lettergrepe uit te sonder (klap hande indien nodig): ver-as-sing.
Die weergawe met net een S:
Goed hierdie woord bestaan nie in Afrikaans nie, maar as ons die voorvoegsel 'ver-' voor die werkwoord 'raas' sit, en daarvan 'n naamwoord ('verrasing') maak, kan ons mos aflei dat dit so iéts sal kan beteken (wat nie VERRASSING is nie- en dit is mos nou die doel van hierdie aktiwiteit).
En laastens, die weergawe wat albei die foute wat hierbo begaan is, kombineer, naamlik verasing:
Okay so die werkwoord veraas bestaan ook nie, maar as ek die spelling 'verasing' sien, is hierdie tipe prentjie die eerste een wat by my opkom. Om letterlik iets te gebruik as aas - oftewel iets ver-aas.
No comments:
Post a Comment