So taal is iets wat almal aanleer ongeag jou intelligensievlak, vermoëns, etnisiteit of omstandighede. As ‘n baba genoegsame taalinvoer kry van mense wat om hom / haar praat – maak nie saak watter taal nie – sal hy of sy daardie taal aanleer. Punt. Nou goed, aan die een kant is dit ’n fassinerende feit van die menslike brein, maar aan die ander kant is dit frustrerend want dit beteken dat elkeen van ons, so uniek as wat ons gesê word ons is, oor dieselfde vaardigheid beskik. Dit is deur taal wat informasie oorgedra word, emosies gedeel word, bande gemaak word, of enige kognitiewe fenomene geartikuleer word. Dis goed en wel jy kan somme maak, natuurwetenskaplike eksperimente doen en watookal andere disiplines beoefen wat dit so geniet om die menslike- en sosiale wetenskappe sleg te sê, maar sonder taal sal daardie kennis nie oorgedra kan word nie.
Die uitdaging vir jou, is om die taal wie se klanke jou gedagtes en mondholtes annekseer, so goed te leer ken, dat jy dit kan begin gebruik tot jou voordeel. En as jou taal die een is wat jou toelaat om hiérdie letters te kan verstaan, dan is jy deel van ’n bevoorregte minderheid. Wees dankbaar en raak gou opgewonde met my!
In hierdie blog sit ek maar net allerhande alledaagse taalfoute wat oor my pad kom (en my irriteer) sodat almal nou vir flippen once and for all hierdie goed onder die knie kan kry. Afrikaans is een mal en lekker taal, kom ons behandel haar mooi, dan is dit heeltyd speeltyd. =)
No comments:
Post a Comment