Iets wat ek op 'n gereelde basis hoor: "Dankie vir die help," "Ek kort jou help asseblief!" ens.
Kom ons kyk na HELP en HULP. Die maklikste (en enigste) manier om die twee te onderskei, is om te weet watter een behoort aan watter woordsoort.
HELP - WERKWOORD (aksie)
HULP - NAAMWOORD (ding)
In die eerste raam vra JakkalsDaan vir MeerkatTjat om hom te help om 'n mini Stonehenge te bou. Help is hier die aksie- en dus die werkwoord. MeerkatTjat HELP dan vir JD, en in die tweede raam bedank (hier is die werkwoord in die sin nou) JD vir MeerkatTjat se HULP (-nou is dit 'n ding of 'n naamwoord).
Wanneer jy onseker is, probeer 'n lidwoord (die / 'n) voor die woord sit. As dit werk (soos met die hulp), dan is die woord na die lidwoord definitief 'n naamwoord. Die help is ONGRAMMATIKAAL.
Ooh. N.S. 'n oulike byvoeglike naamwoord waarin mens 'help' kan verbuig is GEHOLPE.
Winkelier: "Ekskuus tog, kan ek help?"
JY: "Nee dankie. Ek is klaar geholpe!"
No comments:
Post a Comment